top of page
eg Logo Vector-01-01.png

ons skep wat jy (eintlik) wil sien.

visuele
inhoud

geskrewe
inhoud

klank
inhoud

sosiale media
bestuur

konsultasies

EGKUNST is 'n kreatiewe agentskap wat harte werk omskep in kreatiewe impak.

Ons werk saam met bedieninge, bewegings en doelgedrewe makers om hulle boodskap met kreatiwiteit en betekenis oor te dra deur middel van inhoudskepping en sosiale media-bestuur.

We are a creative agency helping ministries and mission-driven teams turn heart work into creative impact.

for a consultation

Ons is jou Kreatiewe Partner in...

kreatiewe inhoudskepping

pexels-hikaique-243757.jpg

Audio, visueel of geskrewe inhoud - noem dit en ons skep dit! Ons inhoud daag jou uit om dieper te dink, roer jou tot aksie en is gevul met eerlikheid, opregtheid en menslikheid. Kerke, kunstenaars en klein besighede - kom ons skep iets magical, sáám.

kreatiewe & digitale kommunikasie

pexels-atccommphoto-306763.jpg

Van kreatiewe stories tot strategiese boodskappe – ons vertaal God-geïnspireerde idees in digitale en in-persoon ervarings wat mense aanraak, uitdaag en tot aksie laat oorgaan. Ware kommunikasie gaan nie net daaroor om gehoor te word nie, maar om in die diepste dele van mense se harte gevoel te word: hoe laat jy mense voel?

live streaming

pexels-fonok-403495.jpg

Jy het ’n boodskap wat moet uitgaan - nie net na die mense in die vertrek nie, maar na harte regoor die wêreld. Van kerkdienste tot konferensies - ons span sorg dat jou storie reg uitgesaai word met hoë gehalte klank en beeld. Ons help jou om elke uitsending professioneel, betekenisvol en moeiteloos te doen. 

musiek vervaardiging

9L8A9528.jpg

Musiek is die taal van elke persoon se hart, en ons praat dit vlot. In ’n wêreld wat hunker na ware hoop en betekenis, is musiek 'n kragtige instrument om mense bymekaar te bring. Van roerende melodieë en filmiese klanklandskappe tot rou, poëtiese lirieke - ons skep musiek wat diep in die hart van die luisteraar vasslaan en blywend resoneer. Dit is meer as net klank; dit is ’n gebed, ’n getuienis, ’n uitnodiging tot God se teenwoordigheid.

kreatiewe regie

pexels-mediocrememories-1117132.jpg

Visie alleen is nie genoeg nie. Ons bou die brug tussen God-geïnspireerde visie en werklikheid, en vorm projekte met doelgerigtheid, estetika en storievertelling wat jou organisasie se unieke roeping weerspieël. Van kreatiewe konseptualisering tot vervaardiging, lei ons die proses met passie, geloof en insig.

sosiale media bestuur

pexels-darlene-alderson-7970815.jpg

Jou stem is sterk en geroep vir ’n tyd soos dié. Ons help jou om dit doelbewus te ontdek en dan te gebruik tot eer van God. Deur strategie, storievertelling en ’n diep begrip van die wêreld se digitale kultuur, maak ons van sosiale media platforms ruimtes wat die kultuur beïnvloed met eerlikheid, opregtheid en menslikheid.

klank & podcast vervaardiging

pexels-cottonbro-6883810.jpg

Jou stem dra meer as net woorde - dit dra gewig, waarheid en roeping. Ons help jou om dit vas te vang. Of jy 'n storie wil vertel of ’n gesprek wil begin, ons bied volledige podcast- en stemwerk-vervaardiging aan - professioneel, persoonlik en propvol siel. Geen robotklank nie. Net rou eerlikheid en goeie produksie.

kreatiewe werkswinkels & konsulaties

pexels-bertellifotografia-2608517.jpg

Kreatiwiteit is nie net ‘n vaardigheid nie - dit is ’n roeping en ’n manier van aanbidding. Deur middel van ons kreatiewe werkswinkels en konsultasies wil ons bedieningsruimtes, spanne en individue met die nodige gereedskap, ingesteldheid en inspirasie toerus om kreatief te dink, vreesloos te skep en jou storie met betekenis en impak te kommunikeer.

vir #Kreatief!-hulpbronne

Jou Kreatiewe Brigade

Dené Vorster

stigter • kreatiewe regisseur & kommunikasiestrateeg

64.png

Cara Skinner

operasionele- en ontwerp-assistent

63.png

Van Wyk Brand

direkteur • hoof van klank-produksie

Oosterlig (Sirkels).png

Willem Labuschagne

videovervaardiger & stroom-spesialis

kontak ons

  • Youtube
  • LinkedIn
  • Facebook
  • Instagram
  • TikTok

© 2022 eg

bottom of page